1 – 25 Desember 2026
Welkom by Klein Wonder
Vyf-en-twintig dae van doelgerigte spel, saamgestel deur twee mammas met 'n passie vir kinderontwikkeling. Elkeen met haar eie kundigheid, saam met ’n hart vir kinders en ontwikkeling.

Hoe werk dit?
1
Kies jou ouderdomsgroep
Elke groep het sy eie 25 aktiwiteite.
2
Maak elke dag 'n deurtjie oop
Een nuwe deurtjie ontsluit elke dag vanaf 1 Desember.
3
Speel saam
Volg die stappe, kyk die video en geniet die tyd saam.
4
Kyk weer
Vorige dae bly oop sodat jy dit kan herhaal.
Wat kan jy verwag?
Elke aktiwiteit wys die benodigde materiaal, voorbereidingstyd, duur, stap-vir-stap instruksies, die ontwikkelingsvoordele vanuit arbeidsterapie, en 'n demonstrasievideo. Lees ook die veiligheidsgids voordat jy begin.
Bly in kontak
Nuus van Luzelle en Anja oor nuwe programme en aanbiedinge.
Klein Wonder